Local newsNewsNews
Geveerde fotografie
Die Vaal Voëlklub nooi ieder en elk na hul volgende tema-aand - "Feathers through my lens."
VANDERBIJLPARK. – ʼn Spesiale aand vir alle voëlentoesiaste en fotograwe.
Die Vaal Voëlklub vergader weer Maandag, 14 Augustus 2023 by die Palms Aftreeoord, 11 Sylviadale.
Die keer gaan Chris Bester gesels oor hoe hy dit regkry om die mooiste foto’s van voëls deur sy kameralens vas te vang.
Die vergadering begin om 19:00 in die aftreeoord se saal. Almal (nie-lede ingesluit) is welkom om die aand saam met die Voëlklub te kom geniet.
Onthou net om jou eie beker vir koffie of tee saam te bring.
Vir meer inligting kontak gerus vir Rina de Klerk by 082 626 6990.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
