Local newsNewsNews

Vroue vereer

Die kantoor van die burgemeester van die Midvaal Plaaslike Munisipaliteit het Woensdag (09 Augustus 2013) vroue vereer vir die rol wat hulle in die samelewing speel.

MEYERTON. – “Dankie vir alles wat julle doen. Ons waardeer julle almal as vroue in ons samelewing en ek dink julle speel ‘n enorme rol in die welstand van hierdie land. Julle beteken ook baie vir ons as mans.”

Dit was die boodskap van Midvaal Plaaslike Munisipaliteit se uitvoerende burgermeester, rdh. Peter Teixeira, aan die vroue van die Midvaal Plaaslike Munisipaliteit.

Teixeira het by die Ligkuns-kunsgalery gepraat voor ‘n groep vooraanstaande vroue van die gemeenskap wat genooi is vir ‘n vrouedag-geselligheid.

‘n Paar vooraanstaande vroue van die Midvaal Plaaslike Munisipaliteit wat die geleentheid bygewoon het. Foto: Christiaan Cloete

Meeste van die genooides is sakevroue wat ‘n aktiewe rol in die bemagting van vroue in die samelewing speel.

Nasionale Vroudag is ‘n openbare vakansiedag wat jaarliks op 9 Augustus in Suid-Afrika gevier word om die optog van vroue in 1956 gedenk wat beswaar gemaak het teen wetgewing wat swart Afrikane verplig het om ‘n pas te dra.

(Die pas (bewysboerk) was ‘n spesiale dokument wat die daaglikse beweging van swart mense gedurende die apartheidsera beperk het, met die doelwit om wit woongebiede te beveilig).

Die dag word ook gebruik om vroue te vereer vir die rol wat hulle in die samelewing speel.

Teixiera het gesê die vroue teenwoordig is ‘n ware inspirasie vir jong meisies in die gemeenskap.

Hy en lede van die burgemeesterskomitee, sowel as die speaker van die Midvaal Plaaslike Munisipaliteit, het later blomme in Meyerton se middedorp uitgedeel.

Arnel van Wyk, ‘n plaaslike sakevrou, klink ‘n glasie vonkelwyn saam met die burgemeester. Foto: Christiaan Cloete
Rdh. Peter Teixiera, burgemeester van die Midvaal Plaaslike Munisipaliteit, deel blomme uit in Meyerton se middedorp. Foto: Christiaan Cloete

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button