Local newsNewsNews

AfriForum Parys eis dringende optrede oor rioolbesoedeling

Die munisipaliteit het tot Vrydag, 18 Augustus, om te reageer op die tak se skrywe.

Die AfriForum-tak in Parys het op 10 Augustus ’n dringende skrywe gestuur aan Tebogo Manele, waarnemende munisipale bestuurder van die Ngwathe Plaaslike Munisipaliteit, waarin dié tak eis dat daar dringend opgetree moet word om die rioolbesoedeling stop te sit.

Die riool besoedel die Vaalrivier – wat Parys se primêre waterbron is – asook die vleiland en dorp.

Die tak het ook foto’s van die besoedelde areas, met koördinate by, aan Manele gestuur.. Die tak sal strafregtelike klagtes lê indien die munisipaliteit nie optree nie.

Een van die foto’s van die riool in Parys.

 “AfriForum voeg sy stem by die drukgroep Save Ngwathe en politieke partye wat ook beswaar gemaak het teen hierdie rioolbesoedeling. Dit is tyd dat die munisipaliteit bekwame mense aanstel wat die werk kan doen en die water- en rioolkrisis kan oplos. Die gemeenskap van Parys verdien beter,” sê Alta Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Mooirivier.

Volgens Schalk Burger, voorsitter van die AfriForum-tak in Parys, het die tak al male sonder tal na die munisipaliteit uitgereik maar daar kom niks van nie.

“Die gemeenskap ly onder die munisipaliteit se onbekwaamheid. Hierdie tipe versuim om pligte na te kom en te voldoen aan die belastingbetaler se basiese regte kan nie langer geduld word nie,” sê Burger.

Gemeenskapslede wat by AfriForum se Parys-tak wil betrokke raak kan vir Schalk Burger kontak by 082 653 4281.

 

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button