Local newsNews

Midvaal Munisipaliteit se vyf beloftes aan sy inwoners

Midvaal bly steeds die kampvegter en kampioen vir sy inwoners.

Deur Phil C. Pretorius, Raadsheer en Hoofsweep, Midvaal Munisipaliteit:
Op 29 Junie 2023 het die Midvaal-burgemeester, Rdh. Peter Teixeira, sy Stand van die Munisipaliteit-toespraak (SVMT) gelewer (SOMA – State of the Municipality Address).
Rdh. Teixeira herinner in sy openingsrede die gemeenskap dat Midvaal se vyf beloftes steeds gestalte vind in die GOP Geïntegreerde Ontwikkelingsplan (IDP), die begroting, asook strategiese raamwerk van elke departement op ‘n daaglikse basis.
Die vyf beloftes is:
i.) Belê in veiligheid en sekuriteit vir al ons mense in Midvaal,
ii.) Skep geleenthede vir almal,
iii.) Verskaf uitstekende dienslewering,
iv.) Oplos van uitdagings deur innovasie en kreatiwiteit, en
v.) Luister na die gemeenskappe aan wie ons dienste lewer.

Die doel van die SVMT is dan nie om ‘n “rooskleurige prentjie” te skep van die munisipaliteit nie maar eerder om die realiteit van die inwoners van Midvaal te weerspieël (Rdh. Teixeira). Ek sê altyd dat Midvaal nie perfek is nie en baie ruimte het vir verbetering en dit is deur die burgemeester beaam toe hy die burgemeester van Saldanhabaai, Rdl. Truter aangehaal het: “Ons is nooit goed genoeg nie, hoe kan ons verbeter?” Wanneer enige instansie dus van hierdie beginsel af funksioneer veronderstel dit dat selfs toekennings soos ‘n negende skoon oudit en Mees Finansieel Volhoubare Munisipaliteit in Suid-Afrika hul nie op hul louere sal laat rus nie.

Rdh. Teixeira bevestig dat die huidige begroting van R1.8 biljoen soos pas EENPARIG goedgekeur deur die Midvaal Raad, die grootste begroting ooit is. Die Provinsiale Tesourie het die begroting as geloofwaardig, relevant en ten volle befonds bevind. Die inkomstebegroting staan op R1.7 biljoen met kapitale en operasionele toekennings van R294 miljoen. Die uitgawesbegroting is R1.8 biljoen (13% verhoging) waarvan die salarisse slegs 24% van die begroting beslaan. Hierdie salarisbydraes is besonder laer as die voorgestelde 40% van Nasionale Tesourie en die meer as 70% van sekere ander munisipaliteit soos onlangs in die nuus gerapporteer.

Herstel en instandhouding is op van 10% na 12.26% op R188 miljoen as ‘n persentasie van die totale uitgawes.
Die veertjie in Midvaal se hoed is egter die rekord van uitgawes-prestasie van kapitaaltoelae wat op 95% staan. Dit rapporteer die persentasie van die begroting wat spandeer is in die betrokke finansiële jaar. Wanneer jy in ag neem dat sekere projekte oor finansiële jare loop en ander projekte a.g.v. verskeie redes nie voltooi kan word nie en moet oorstaan, is hierdie ‘n besonderse goeie prestasie in die industrie.

Provinsiale Tesourie het wel hulle kommer uitgespreek dat Midvaal se verhogings vir die 2023/2024 finansiële jaar nie koste-reflektief is nie en dat Midvaal se diensteverhogings te laag is. Midvaal het egter sy potlood skerpgemaak en die inwoners tegemoet gekom met verhogings om die huidige ekonomiese klimaat te probeer buffer deur verhogings van SLEGS 6.75% op eiendom, 9.2% op water, 7% op vullisverwydering en 6.75% op sanitasie in te stel.
Midvaal bly steeds die kampioen vir die inwoners.
Trotse Midvaal groete, Phil.
Web: www.midvaal.gov.za
Facebook: Midvaal Local Municipality en Midvaal News Network
Tel: 0861 643 8225
MyMidvaal App

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Check Also
Close
Back to top button