Local newsNewsNews

Nou veg Sussie teen bosluiskoors

Hoewel Sussie gevind is, is sy nog nie uit gevaar nie. Sy veg nou teen bosluiskoors.

VANDERBIJLPARK. – Sussie, die heldhaftige klein Jack Russell wat haar ounooi tydens ‘n huisroof probeer verdedig het en daarna vir 11 dae soek was voordat sy Vrydagoggend met haar eienaars hereniging is, het nou bosluiskoors onder lede.

Sussie het vir 11 dae in die veld oorleef en was oortrek van bosluise toe sy gevind is. Hoewel haar eienaars (die Mullers van Bernard Pricestraat) haar dadelik medikasie gegee het teen die bosluise, het hulle vermoed dat sy moontlik bosluiskoors sal kry en het haar fyn dopgehou.

Behalwe vir die bosluise en die feit dat sy baie gewig verloor het sedert sy op Maandag, 6 November weggeraak het, was Sussie verder ongedeerd.

Sussie saam met Dr. Joanet Woodley van die Sasolburg Veearts.

Elvin Muller het egter vanoggend gemerk dat Sussie nie heeltemal haarself is nie, en besluit om haar Sasolburg Veearts toe te neem.

“Sy word behandel vir bosluiskoors en sal vanaand daar bly vir waarneming. Gelukkig het ons geweet waarvoor om te kyk en is dit vroegtydig opgetel en behandel. Nou hoop ons net vir die beste, en dat sy geen nagevolge gaan hê nie,” het Elvin aan Vaalweekblad gesê.

Vaalweekblad hoop saam met die Mullers dat hul klein liefling sommer gou weer gesond is en dat hulle hierdie hele nagmerrie onderving kan afsluit.

Lees hier oor die soektog na Sussie:

Elvin en Sussie pas na sy Vrydag in die veld gekry is. Klik op foto vir berig hieroor.

https://www.citizen.co.za/vaalweekblad/news/2023/11/17/sussie-is-gevind/

 

 
Back to top button