AdvertorialBusinessNewsSponsored

‘n Dubbele triomf vir Bernina Vanderbijlpark!

Bernina se Vanderbijlparktak het die top handelaarsprys in die land gewen, en een van hulle kursusgangers wen 'n fantastiese nuwe Bernette 79-kombinasiemasjien ter waarde van meer as R55 000!

Bernina Vanderbijlpark se voorslag-span kan 2023 afsluit met twee pragprestasies agter hul naam. Hulle het nie net die top handelaarsprys in ‘n nasionale Bernina-wedstryd verower nie, maar een van hul kliënte het ook met die eerste prys ter waarde van R55 000 in ‘n landswye kompetisie weggestap!
Bernina-RSA loods jaarliks ‘n nasionale uitdaging om die beste benutting van hul digitaliseringsagteware te identifiseer. Vanjaar se uitdaging het oor ses maande gestrek. Deelnemers moes elke maand spesifieke take indien en aan die einde van die ses maande kon hulle ‘n muurbehangsel of tafelloper maak wat dan deur Bernina se hoofkantoor beoordeel is. Vanjaar se tema was enigiets wat met blomme en blare te doen gehad het.

Vyf leerlinge van Bernina Vanderbijlpark kon daarin slaag om deur die loop van die ses maande kleiner pryse te wen, maar dit was Elzeth Steenberg wat die beoordelaars uiteindelik die meeste beïndruk het met haar benutting van die masjienfunksies en rekenaarsagteware. Haar wenprys is ‘n Bernette 79 borduur- en naaldwerkmasjien ter waarde van meer as R55 000. ‘n Baie opgewonde Elzeth, wat reeds 20 jaar op haar ou Bernina gewerk het, sien baie daarna uit om nou die bykomende funksies en kwaliteite van haar nuwe Bernette te beproef.

Gelukkige wenner Elzeth Steenberg van Vanderbijlpark open haar splinternuwe Bernette 79 borduur- en naaldwerkmasjien.
Karen Olivier, kursusaanbieder by Bernina Vanderbijlpark, wens Elzeth Steenberg geluk met haar wenprys, ‘n Bernette 79-kombinasiemasjien ter waarde van meer as R55 000.

Bernina se hoofkantoor het vanjaar ook aan handelaars ‘n geleentheid gebied om in ‘n nasionale wedstryd mee te ding. Karen Olivier, ‘n Bernina-kenner wat groepklasse in verskeie aspekte van stik, omkapwerk, borduur en ontwerpsagteware by die Vanderbijlpark-winkel aanbied, moes maandelikse verslae indien van kursusgangers se deelname en vordering. Na aanleiding daarvan het dié winkel die top-handelaarsprys, wat ‘n pakket gesofistikeerde sagteware insluit, gewen.

Driekie van der Westhuizen (links) en Karen Olivier met hul wedstrydbewys: Gesogte nuwe rekenaarsagteware!

Voornemende borduurders en naaldwerksters wat skrik vir woorde soos “rekenaar” of “sagteware” kan gerus by Bernina Vanderbijlpark kom aanklop vir raad en kursusse.
“Toe ek in 1988 by Bernina begin werk het, was alles ook nuut vir my. Dit was ‘n kwessie van swem en leer, en vandag is dit net ‘n plesier en maklik om onder die knie te kry” sê Karen.
Vir mev. Driekie van der Westhuizen, eienaar van Bernina Vanderbijlpark, is vanjaar se dubbele triomf ‘n hoogtepunt waarop sy baie trots is.

Driekie van der Westhuizen, eienaar van Bernina Vanderbijlpark.

“Bernina-produkte is van hoogstaande gehalte en bied standvastige waarborge en puik naverkoopdienste. Bernina RSA se uitgebreide ondersteuningsnetwerk is een van die groot redes waarom ons die fabrikaat met soveel trots en vertroue kan verkoop. Ek is een van die gelukkigste mense op aarde want hier leef ek my passie uit,” sê Driekie.

Bernina Vanderbijlpark se span: Van links is Karen Olivier (kursusaanbieder), Andrew Taylor (tegniese afdeling), Driekie van der Westhuizen (eienaar) en Christine Fourie (winkelbestuurder).

* Kom maak gerus kennis met Driekie en haar span in hul nuwe winkel in Generaal Hertzogstraat 49 (in Vanderbijlpark se sakesentrum oorkant die landdroskantore), of kontak hulle by (016) 933 4483.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button