Local newsNews

Sasol Radioklub sluit jaar gesellig af

Amateur Radio groei sterk in die Vaaldriehoek en groot dinge word vir 2024 beplan!

 

Wanneer radio-amateurs van die Sasolburg Amateur Radioklub (Sasol Radio Club) nie voor ‘n radio sit of besig is om aan ‘n tegniese projek te werk nie, word daar lekker saamgekuier, geëet, gedrink en gelag. Dit was weer die geval toe klublede en hul metgeselle vroeër die maand by Farm ‘n Sea Grillhouse in Vanderijlpark saamgekom het vir hul jaarafsluiting.

FOTO: Onder die klublede en verteenwoordigers wat die geleentheid bygewoon het, was (in geen spesifieke volgorde nie) Gideon Jannasch (ZS4GJA), Ruan Fivaz (ZS6RFC), Ilze Fivaz (ZS6IMF), Ockert Taljaard (ZS4LZ), Elmarie Mccash (ZS6EM), Erich Jannasch (ZS4VW), Derrick Voster (ZS6DK), Kobus Kotze (ZS6KBS), Riaan Greeff (ZS4PR), André Nortjé (ZS6XXX), Corrie Taljaard (ZR4CT), Lizanne Fitchat (ZS6LIZ), Dirk Hatting (ZS6DH), Werner Nel(ZS6SAR) en hul metgeselle.

Van die klublede en verteenwoordigers wat die Sasolburg Amateur Radioklub  se jaarafsluiting by Farm ‘n Sea Grillhouse bygewoon het.

‘Ons is dankbaar dat Amateur Radio in die streek positief groei en dat 2024 gaan lei tot groter dinge,’ sê Riaan Greeff, die waarnemende klubvoorsitter. Besoek die Facebookblad ‘Sasolburg Amateur Radio Club ZS4SRK‘ vir meer inligting oor hul werksaamhede.

Nog klublede en vriende wat lekker saamgekuier het.

Die Vaaldriehoek Radio-amateurklub het onlangs ook hul jaarafsluiting gehou. Lees die berig hier: https://www.citizen.co.za/vaalweekblad/news/2023/12/14/vaaldriehoek-radioklub-kuier-ook-gesellig-en-geselserig-saam/

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button