Vaaldriehoek Radioklub kuier ook gesellig en ‘geselserig’ saam
Belangstellendes wat meer oor die Vaaldriehoek Radio-amateurklub se werksaamhede wil uitvind of wil aansluit, kan Dean by 066 000 5493 of Lizanne by 076 424 5861 kontak.
Lede van die Vaaldriehoek Radio-amateurklub kom een keer per maand bymekaar om interessante onderwerpe oor radio’s, elektronika en ander tegnologie te bespreek en te beoefen. Die klublede het onlangs hul jaar se bedrywighede met ‘n gesellige ete by ‘n restaurant in Vereeniging afgesluit. Enigiemand wat meer wil uitvind oor die fasinerende wêreld van radio-amateurwese of belangstel om by hierdie opwindende stokperdjie betrokke te raak, kan Dean by 066 000 5493 of Lizanne by 076 424 5861 kontak.

Karl en Glaudine Schuler (foto onder) was ook onder die teenwoordiges by die Vaaldriehoek Radio-amateurklub se jaarafsluiting, waar hulle bedank is vir die gebruik van hul perseel by Dinseyland Kleuterskool in Bedworthpark, waar die klubvergaderings maandelikse gehou word.


