Verdagtes in Lukas se moord aangekeer en weer laat gaan
Dit wil voorkom of die vlaag moorde in die CW-gebiede in Augustus gestop het.
Is enigiemand al aangekeer is in verband met die vlaag moorde wat vroeër vanjaar in Vanderbijlpark se Central West (CW-gebiede) gepleeg is?
Vaalweekblad het gister dié navraag van ‘n betrokke familielid ontvang wat antwoorde soek nadat hulle die afgelope 4 maande nog nie weer terugvoer van die Polisie ontvang het nie. Die vermoordes wie se name aan die koerant bekend is, was Beaula Ellis (sterf 25 Julie), Patrick Smit (sterf 30 Julie), Lukas Pretorius (sterf 29 Julie) en Skye Fagyas (sterf 18 Augustus). Die ander drie mense wat in daardie tyd in die CW-gebiede vermoor is, se identiteit is nie aan Vaalweekblad bekendgemaak nie.

Sover Vaalweekblad kon vasstel, is verdagtes in verband met Lukas Pretorius se moord intussen aangekeer, maar weer laat gaan weens gebrek aan bewyse.
Enigiemand met meer inligting kan Vaalweekblad kontak by 083 246 0523.
LEES WEER EEN VAN DIE VORIGE BERIGTE OOR DIE BEWEERDE REEKSMOORDE (WAT IN OKTOBER IN VAALWEEKBLAD VERSKYN HET), BY HIERDIE SKAKEL: https://www.citizen.co.za/vaalweekblad/news/2023/10/12/beweerde-reeksmoorde-nog-n-slagoffer-se-naam-bekend/
