AdvertorialBusinessNewsSponsored

PawnWorx: Kom verkoop of verpand jou hoëgehalte artikels hier!

Verkoop jou hoëgehalte artikels wat jy nie meer nodig het nie, of kom verpand dit en skakel dit om in harde kontant!

Dis ‘n splinternuwe jaar en net die regte tyd om bestekopname in jou huis te doen. Verkoop jou hoëgehalte artikels wat jy nie meer nodig het nie en skakel dit om in harde kontant! Of as jou geld skraps is weens al die uitgawes aan die begin van die jaar, kom verpand enige waardevolle besitting en kry dadelik verligting vir jou kontantvloei-probleme. PawnWorx in Vanderbijlpark en Vaalpark kan jou onmiddellik hiermee help!

Hulle koop en verpand nie net huishoudelike artikels en elektroniese ware nie maar ook karre, motorfietse en ander voertuie en vaartuie. Die terugkooprente word volgens ‘n skaal uitgewerk en PawnWorx is trots daarop dat hulle die beste rente in die land aanbied.

Marthinus Enslin is die eienaar van PawnWorx, wat al byna tien jaar bestaan. Marthinus kom uit een van die Vaaldriehoek se ou sakefamilies, wat dekades se ervaring in die bedryf het. Met PawnWorx se uitstekende rekord is dit bekend as ‘n betroubare onderneming waar daar met empatie na elke kliënt se omstandighede gekyk word.

PawnWorx het takke in Vanderbijlpark sowel as Vaalpark, Sasolburg. Kom gesels gerus met Marthinus en sy personeel en stel hul belofte van uitstekende diens op die proef!

Die Vanderbijlparktak se adres: Hoek van Frikkie Meyer-boulevard & General Bothastraat, Vanderbijlpark. Tel: 016 933 7879.

Die Vaalpark/Sasolburgtak se adres: President Swartstraat, Tharina Sentrum, Winkel 10, Vaalpark, Sasolburg. Tel: 016 971 1892.

Algemene WhatsApp-nommer: 066 541 1143.

Kliek hier om PawnWorx se Facebookblad te besoek: https://www.facebook.com/pawnworxvaal?mibextid=2JQ9oc

PawnWorx se Vaalpark/Sasolburgtak in President Swartstraat, Tharina Sentrum, Winkel 10, Vaalpark.
Die vertoonvensters van PawnWorx se Vaalpark/Sasolburgtak in President Swartstraat, Tharina Sentrum, Winkel 10, Vaalpark.
PawnWorx se Vanderbijlparktak op die hoek van Frikkie Meyer-boulevard & General Bothastraat, Vanderbijlpark.
Die parkeerarea in Vanderbijlpark
Van die goedere wat by PawnWorx te koop is.

Nog een van PawnWorx se uitstalruimtes.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button