Centre Stage Dance Academy – 2024 inskrywings nou oop!
Kontak Centre Stage Dance Academy by 071 687 8575 vir meer inligting of om in te skryf.
Centre Stage Dance Academy, geleë in Arcon Park Vereeniging, bied klassieke ballet, moderne, kontemporêre en pilatesklasse vir alle ouderdomme en vlakke aan.
Die eienaar, Ill-rika Booyens, vertel meer oor dié prestige dans-akademie:
“Ons ateljee het ten volle toegeruste fasiliteite en hoog gekwalifiseerde instrukteurs met ‘n internasionaal geakkrediteerde sillabus.
Ons bied geleenthede vir kompetisie, optredes, werkwinkels en gegradeerde eksamens om tegniese en artistiese vaardighede te ontwikkel, wat moontlik kan lei tot ‘n professionele toekomstige loopbaan.
“Oor die afgelope 14 jaar het ons studente verskeie danstoekennings gewen, insluitend nasionale en internasionale trofeë, op TV-programme verskyn, nasionale tweede plek gewen in KykNet se “Dans in jou Taal”, opgetree in plaaslike produksies, Vaalweekblad Sportster van die jaar, uitnemendheid behaal in nasionale en internasionale danseksamens en nog vele meer.
“Ons akademie se doel is om die hoogste gehalte dansopleiding te bied in ‘n versorgende en professionele omgewing, wat studente aanmoedig om hul potensiaal te bereik, nou en in die toekoms.”
Inskrywings is nou oop vir 2024.
Vir meer inligting, kontak Centre Stage Dance Academy by 071 687 8575





