Local newsNewsNews

Tiener kry veloorplanting na hings haar byt

Plaaslike tiener nou landswyd in die kollig na sy erg deur 'n hings gebyt is.

MEYERTON. – Die jaar het nie goed begin vir jong Chantelize van Dyk (15) van die Boltonwoldkleinhoewes nie. Sy het ‘n ernstige besering aan haar arm opgedoen nadat sy deur ‘n hings gebyt en verlede Vrydag ‘n veloorplanting aan haar regter voorarm moes kry.

Dit is voorwaar buitengewoon dat ‘n hings so aggressief opgetree het en die voorval het behoorlik opslae gemaak nadat die berig verlede week op Vaalweekblad se voorblad verskyn het.

Huisgenoot, Beeld en OFM Radio het reeds kontak gemaak om ook oor die voorval te berig. Die ekstra blootstelling word verwelkom, want die gesin behoort nie aan ‘n mediese fonds nie, en enige ondersteuning om die groeiende mediese onkoste te help dek, word verwelkom.

Behalwe dat die byt op sy eie baie pyn en lyding veroorsaak het, moes Chantelize reeds verdere pyn verduur weens die inspuitings n die wond en nou weens die veloorplanting.

“Sy is Vrydagmiddag teater toe waar die dokter twee groot stukke vel van haar regter bobeen geneem het om die wond toe te maak. Die dokter moes meer vel vat omdat die bytplekke op die buig van haar armpie is en die vel nie daar te veel gerek kan word nie,” verduidelik ma Annelize.

Chantelize in die hospitaalbed na Vrydag se veloorplanting. Sy kry sommer baie liefde en ondersteuning van kleinsus Kelsey (9), ma
Annelize en stiefpa Ben.

Hoewel die veloorplanting ‘n sukses was, het Chantelize baie gehuil na afloop van die veloorplanting. Haar arm is gespalk sodat sy hom
glad nie kan beweeg nie.

Boonop was haar hart baie seer omdat sy nie Woensdag die nuwe skooljaar saam met haar graad 10 maats kon begin nie.

“Vir nou is skool toe gaan buite die kwessie.  Die dokter sal haar gereeld ondersoek en die ja-woord gee wanneer sy mag terug hok toe,” sê Annelize.

“Die skool was ons gelukkig baie goedgesind. “Hulle gaan reël dat die onderwysers haar skoolwerk een keer per week aan my gee om haar sodoende op datum te hou.”

* Chantelize was Donderdagoggend, 28 Desember omstreeks 09:30 besig om aan ‘n heining op hul kleinhoewe te werk, toe die buurman se hings haar aan die arm gebyt het. Lees volledig berig hier:

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button