Local newsNewsNews

Inwoners spring in om Vaalrivier te red

Die Vaalrivier lyk al op verskeie plekke heelwat beter, maar daar lê egter nog baie werk voor en alle hulp en ondersteuning uit die gemeenskap is nodig in die oorlog teen die indringerplante.

Natuur- en watersport­liefhebbers het aan die begin van Januarie met skok gesien dat die Vaalrivier in sekere gedeeltes waar dit deur Vereeniging en Vanderbijlpark vloei, met ‘n kombers van “waterslaai” en hiasinte bedek is.

Dié plante is uitheemse indringer-spesies wat teen ‘n verbysterende spoed aangroei.

Lede van klubs aan die Vaalrivier, die gastehuisbedryf en oewerbewoners het sedert verlede week en die afgelope naweek hard daaraan gewerk om soveel as moontlik van die plante uit die water te skep, na die oewer te bring en te vernietig.

‘n Duidelike verskil is reeds op sekere plekke sigbaar. Daar lê egter nog harde werk voor.

Lees vorige berig deur op foto heelonder te klik.

Hulle het selfs ‘n versperring gebou om die indringerplante te probeer beheer.
Die indringerplante is ook by Stonehaven on Vaal uitgehaal. Die pragtige sonsondergang oor die Vaalrivier by Stonehave is Vrydag, 19 Januarie deur Kirsty Jacobs van Sasolburg geneem.
Klik op die foto vir die volledige berig oor die indringerplante op die Vaalrivier. Foto: Elsje Vermeulen

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button