Gee verstopte dreine jou hoofpyn? Kontak vir Bertus!
Bertus du Toit van Centerflow Drain Services vat nie nonsens van verstopte dreine nie. Hy het al die nodige toerusting om vinnig daarmee klaar te speel. Doen jouself 'n guns - bewaar sy nommer vir die dag as jy hom nodig kry
Vaalweekblad ontvang byna daagliks klagtes oor verstopte munisipale dreine, wat inwoners se lewensgehalte benadeel. In sommige gevalle oorstroom rou riool uit sulke dreine nie net inwoners se tuine nie, maar vloei dit selfs in hul huise in. Dit is ‘n uiters onaangename maar bowenal onhigiëniese situasie wat ernstige gesondheidsgevare vir mens en dier inhou.
Dit is op dié gebied waar Center Flow Drain Services ‘n uiters noodsaaklike diens lewer. Die eienaar, Bertus du Toit, het nie net die nodige toerusting en gereedskap om alle verstopte dreine oop te maak nie, maar ook die ervaring om vinnig klaar te speel met al sulke probleme.
Besighede of huiseienaars wat sukkel met verstopte dreine kan gerus vir Bertus kontak. Hy werk in die hele Vaaldriehoek – Midvaal, Vereeniging, Vanderbijlpark, Sasolburg en omliggende gebiede.
Bewaar sy nommer: 061 461 7900 vir die dag as jy in ‘n riool-nagmerrie beland.

Bertus du Toit

Skermgreep bo: ‘n Tevrede kliënt se plasing op Vaalweekblad Facebook




Hande in die hare oor verstopte dreine?
Kontak vir Bertus: 061 461 7900
