Seun (19) herstel na gesigoperasie
VEREENIGING. - Daar was gedink sy gesig is op 4 plekke gebreek, maar tydens die operasie is bevind dat dit op 5 plekke gebreek was.
‘n Jong waaghals van Vereeniging wat by ‘n winkelsentrum geval en sy gesig op verskeie plekke gebreek het, het Maandag die nodige operasie ondergaan en sterk nou tuis aan.
Aidan het 9 Februarie in reënerige omstandighede by die steil opdraande voor die sushi wegneemete restaurant by die Riverwalk-winkelsentrum in Drie Riviere gegly en die handreling getref.
Daar is aanvanklik gedink sy gesig is op vier plekke gebreek, maar tydens die operasie is daar gevind dat sy wangbeen op vyf plekke gebreek was.
“Ons is uitgeput na al die gebeure, maar is dankbaar die operasie is afgehandel. Dit was ‘n moeilike operasie en Aidan was vier ure in die teater,” vertel ma Roeline.
Dit was ‘n delikate operasie wat deur ‘n sny net onder die ooglid en een by die oogbank gedoen is.
“Die operasie was gelukkig suksesvol. Die kakebeen en spiere is ook tydens die operasie opgtrek,” verduidelik Roeline.
Aidan is reeds die volgende dag ontslaan, en hoewel hy vroeër die week nog baie pyn ervaar het, is hy dankbaar om tuis versorg te word.
Aidan se ouers moet die mediese onkoste self dek en hulp uit die gemeenskap sal opreg waardeer word. ‘n Geldelike bydrae kan direk in sy rekening betaal word:
Mr AS Roos
Capitec rek: 1397686845
Takkode: 470010

KLIK OP DIE FOTO HIERONDER OM DIE VOLLEDIGE BERIG OOR AIDAN SE BESERING TE LEES.

