Kookwater laerskole rugby op ‘n Vrydagaand
Vanaand is dit weer sulke tyd. Gaan kyk by die NWU Vanderbijlparkkampus na kookwater laerskool rugby.
VANDERBIJLPARK. – Die afskop van die NWU Eagles se Friday Night Lights Pre-Season rugbyreeks het Vrydagaand plaasgevind.
Alhoewel daar nie amptelik puntetelling gehou is nie, was die vlak van rugby en die entoesiasme langs en op die veld groot.

Die wedstryd tussen LS Orion van Alberton en Vereeniging se Laerskool Vryheidsmonument het Orion eerste op die aanval gesien, maar dit was Vryheidsmonument wat kort voor rustyd punte aangeteken het.
LS Orion kon eers in die laaste minute van die wedstryd punte aanteken na ‘n uitstekende rolmaal beweging. Laerskool Eligwa het goed vertoon teen T.P Stratten Primary School van Evander.

Albei spanne het kort-kort agter die doellyn geboer. Vir Eligwa het hul flank en kaptein, Taylor Oelofse ‘n massiewe wedstryd gespeel.
Nie net het hy op verdediging die veld moeilik gemaak vir die ander span nie, hy het self agter die pale gekuier.
Laerskool Kollegepark en D.F. Malherbe se o.11’s het op die B-veld die skare op hul voete gehou. Dit het drieë gereën met Kollegepark se skrumskakel wat die spel soos ‘n generaal gelees het en blitsig hoek toe is vir ‘n drie.
Die Parkies se vaskopstut, Tshiamo Mahlangu se kragdrie waar hy op ‘n stadium vyf teenstanders geklop het, het ook beïndruk.

Die laaste wedstryd was ‘n naelbyter tussen die eerstespanne van Kollegepark en D.F Malherbe. Kollegepark was die grootste gedeelte van die wedstryd op die aanval en het die eerste drie gedruk.
Alhoewel Kollegepark heelwat strafskoppe afgestaan het, het hul verdediging gehou en kon D.F nie in die eerste helfte punte aanteken nie.
Kollegepark het nog twee drieë in die tweede helfte gedruk. Kort voor die eindfluitjie geblaas het, het D.F se agterlyn met blitsige lop
