Local newsNewsNews

Vermeende motordief in Brackendowns vasgetrek na motorongeluk

Een verdagte is aangekeer. Drie het weggekom.

MEYERTON. – Een van vier verdagtes wat glo ‘n motor in Risiville probeer steel het is Vrydagmiddag (15 Maart) in die Brackendowns-omgewing vasgetrek nadat die bestuurder van die “wegkom-voertuig” tydens ‘n hoëspoed-jaagtog beheer oor die voertuig verloor en dit gerol het.

Volgens die plaaslike sekuriteitsmaatskappy Sekuriteit Sonder Grense het kameras van die Midvaal Plaaslike Munisipaliteit omstreeks 05:17 ‘n verdagte blou Hyundai Tucon opgemerk.

“Eenhede is onmiddelik gemobiliseer om die voertuig op te spoor. Ná ‘n paar minute is die voertuig in Meyerton gevind. ‘n Hoëspoed-jaagtog het gevolg,” sê Sekuriteit Sonder Grense in ‘n verklaring.

“Die eenhede (wat die verdagte voertuig agternagesit het) het vir bystand van Alberton gevra aangesien die verdagte voertuig in ‘n noordelike rigting op die R59 onderweg was.”

“Die verdagtes het in die Brackendowns-omgewing beheer oor die voertuig verloor. Vier van die verdagtes het uit die voertuig gespring en weggehardloop. Een van die verdagtes is gevind waar hy in die bosse weggekruip het,” sê Sekuriteit Sonder Grense.

Drie van die verdagtes het ongelukkig weggekom.

Die verdagtes het glo probeel om ‘n Toyota Furtuner in Risiville te steel. ‘n Skootrekenaar is ook uit die voertuig gesteel.

Die skootrekenaar sowel as ‘n toestel wat vir motordiefstal gebruik word (“jamming device”) is in die wegkomvoertuig gevind.

Die verdagte word by die Brackendowns-polisiestasie aangehou en sal eersdaags in die hof verskyn.

Sekuriteit Sonder Grense, AfriGuard, die Midvaal-vredesbeamptes, die gemeenskapspolisiëringsform (GPF) van Brackendowns, CPS Security, die Ekurhuleni Metropolitaanse Polisiediens en die polisie van Kliprivier het gehelp om die veragte aan te keer.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button