Local newsNews

Kom kyk by J&B na die Raptor-bakkie wat jy kan wen!

Hier is 'n wonderlike geleentheid om 'n verskil in 'n behoeftige se lewe te maak - en jy staan die kans om 'n droomvoertuig te wen!

‘n Gelukkige man of meisie gaan later vanjaar wegry in ‘n blinknuwe Ford Raptor-bakkie!
Dit is die asemrowende prys in ‘n gelukstrekking van die organisasie FKN Army – en dis alles vir ‘n goeie doel.
Al die geld wat met die lootjiekaartjies ingesamel word, is ten bate van niewinsgewende projekte om mense in nood te help.

Besoek die ​​webwerf www.fknarmy.com en kry jou kaartjies vir slegs R300 per inskrywing. Jy kan soveel keer inskryf as wat jy wil. Inskrywings sluit 30 Junie. Moenie hierdie ongelooflike geleentheid misloop om groot te wen en terselfdertyd ‘n verskil in ‘n behoeftige se lewe te maak nie.

* Kom bekyk die Raptor van naderby wanneer Malcolm “FKN” Wentzel, die stigter van die FKN-beweging, Saterdag, 27 April, by J&B Playground & Family Restaurant in Vanderbijlpark kom kuier. Aanhangers van die skreeusnaakse TikTok-persoonlikheid Chuck Kaaswors gaan ook ‘n kans kry om hom in lewende lywe te ontmoet!

Chuck Kaaswors.
Die Ford Raptor-bakkie wat te wen is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button