Local newsNewsNews

Ons weet wat ons weet: Wat is waterslaai?

Die Vaalrivier kreun onder hiasinte en waterslaai op die oomblik, maar weet die jongspan wat is waterslaai?

Gerda Bruinette het by die Primêreskool Fonteine in Sasolburg se jongelinge gaan hoor of hul weet.

Abraham Furter Dis as jy slaai maak met baie water in.

Abraham Furter

Carli Lombard Is ‘n glyplank waar daar water afgaan en dan kan die kinders daar afgly. Dis ‘n baie groot glyplank.

Carli Lombard

Daniël Lombard Ek dink dis slaai wat van baie vloeistowwe gemaak is van vrugte.

Daniël Lombard

Dané Weideman Is dit nie slaai met water in nie?

Dané Weideman

Leon Kruger Dis seker goed wat in die rivier groei en dan haal dit suurstof uit die water uit. (Ja, hy vang vis, dié dat hy weet.)

Leon Kruger

Liam Kriel Dis seker ‘n tipe slaai wat water in het. Die moet vrugteslaai wees, want ek eet nie groente nie.

Liam Kriel

 
Back to top button