Local newsNewsNews

Nuwe klubgronde vir Bikes ‘n Roses FSC

Bikes 'n Roses se nuwe klubhuis in Vereeniging is na dese behoorlik ingewy.

VANDERBIJLPARK. – Bikes ‘n Roses Free State Chapter het Saterdag, 20 April hul nuwe klubhuis ingewy met ‘n bring en braai, goeie musiek en kompetisies.

Caroline en Wessel Strydom is in beheer van sake by die klubgronde. Foto’s Gerda Bruinette

Die klubgronde is geleë te 82 Barrageweg by Shooters Pub & Pool.

Bikes ‘n Roses Free State Chapter President Gerdal Vorster

Vir die okkasie het die nasionale president en stigter van Bikes ‘n Roses, Ben Lourens en sy vrou ShaSha, al die pad van Middelburg kom saamkuier.

Sam Steyn en Jean Dickson het vroegoggend die pad van Kemptonpark op hul “bikes” aangedurf om Bikes ‘n Roses in Vereeniging te ondersteun.

Alhoewel die nasionale klub eers in 2015 gestig is en die Free State Chapter verlede jaar, gaan die klub goed aan. Hul nuwe klubgronde en klubhuis sluit ‘n watergat, liga en gewone potspel (pool) tafels, dansplek, ‘n “burn-pad” en baie kuierplek in.

Nasionale Bikes ‘n Roses president Ben en sy vrou Sha-Sha Lourens van Middelburg.

Saterdag het verskeie van die Vaaldriehoek se motorfietsklubs saam met die Bikes ‘n Roses klub gekuier.

Wessel Strydom by Bikes ‘n Roses se klubhuis opening.

 
Back to top button