Local newsNewsNews

Ondersteuners geniet sportdag by Handhawer

Tien skole, vyf netbalbane, twee rugbyvelde die ondersteuners het die dag amper meer geniet as die spelers.

VEREENIGING. – Saterdag, 20 April het die Marlene Pelser Gedenkdag by die LS Handhawer plaasgevind.

Niel en Rina Sowerby van Meyerton langs die netbalbaan om die LS Republiek te ondersteun. Foto’s Gerda Bruinette

Die dag gedenk jaarliks die tragiese gebeure van 25 Maart 2005.

Van die skool se netbaldogters en personeel was in die Wes-Kaap op ‘n toer toe die bussie se voorband gebars het.

Cindy en Divandré Lombard saam met Karishne en Barbara Prinsloo langs die netbalveld by die Handhawer gedenkdag. Niamé (heel voor) was nie gepla om vir die kamera te kyk nie.

Ses dogters en drie personeellede is in die ongeluk dood. Jaarliks bied die skool in die herfstyd ‘n sportgedenkdag aan wat deur skole so ver as Sasolburg en Heilbron ondersteun word.

Declan Engelbrecht van Meyerton het meer in die sandput as in die rugby belangestel.

Nie net die leerders het entoesiasties meegedoen nie, die ondersteuners het ook hul kant gebring. Gerda Bruinette het ‘n paar foto’s geneem.

 
Back to top button