Local newsNewsNews

‘Oogoperasie nie so duur nie’

Ocumed Oog en Laser Insitituut in Vanderbijlpark het op 'n onlangse berig gereageer en 'n aantal belangrike aspekte uitgewys.

Vaalweekblad het onlangs berig oor mnr. Andries van der Merwe (65) wat glo binne twee jaar blind sal wees indien hy nie behandeling ontvang nie.

Mnr. Van der Merwe se oë het glo erg agteruitgegaan en volgens ‘n familielid, Cynthia van der Merwe, sou dit bykans R110 000 beloop vir ‘n operasie by die Ocumed Oog en Laser Insitituut in Vanderbijlpark.

Ocumed het Vaalweekblad gekontak en wil die volgende uitwys:

Nie een van die oogspesialiste by Ocumed het hierdie buitensporige pryse aan mnr. Van der Merwe of Cynthia van der Merwe gegee nie.

Mnr. Van der Merwe het nog nooit enige van die oogspesialiste by Ocumed besoek vir ‘n konsultasie nie, en is dus nog nooit deur een van Ocumed se oogspesialiste gediagnoseer met katarakte nie.

Dus kon daar nog nooit ‘n kosteberekening gemaak word nie.

Alhoewel katarakte tot tydelike blindheid kan lei, is dit omtrent altyd omkeerbaar.

Ocumed bly voortdurend verbind daartoe om ‘n diens van hoogstaande gehalte aan die publiek te lewer teen bekostigbare pryse.

 
Back to top button