Local newsNewsNews

Staan saam teen boelies!

VANDERBIJLPARK. - Daar was hope pret en tonne raad toe AfriForum se teenboeliespan onlangs Vaal Triangle Academy besoek het.

Leandie Bräsler, bestuurder van Jeugleierskap by AfriForum, reis jaarliks die land van hoek tot kant plat om jongmense in te lig oor die gevare van boeliegedrag en om handige raad vir die hantering daarvan te gee.

“Bewusmaking van afknouery by skole, waar kinders eintlik ’n veilige hawe moet vind, is vir AfriForum ’n belangrike funksie”, sê Bräsler.

“Die een groot les wat kinders in die stryd teen boeliegedrag moet leer, is om saam te staan,” verduidelik sy.

Tydens die praatjie wat by Vaal Triangle Acadamy aangebied is, is leerders onder meer ook geleer oor die verskil tussen boeliegedrag en konflik en oor die verskillende vorme wat boeliegedrag kan aanneem.

AfriForum doen ’n beroep op ouers en onderwysers om proaktief op te tree. Wees bewus!

Vir meer inligting rakende AfriForum se teenboelieprojek besoek www.teenboelie.co.za en laai die teenboeliegids gratis af.

Stuur ’n e-pos na boelie@afriforum.co.za as jou kind se skool by hierdie veldtog en leierskapsontwikkeling betrokke wil raak.

Tania Scheepers (AfriForum), Sibusiso Tshaka van Vaal Triangle Academy en Matteus tydens AfriForum se besoek aan die skool.

 

 
Back to top button