Local newsNewsNews

Die katrolle het behoorlik gesing

Dit was 'n goeie dag langs Vaaldam vir Groenpunt HK se lede.

VAALDAM. – 18 Hengelaars, 179 vis en dit alles op een dag. Dinsdag, 16 April was ‘n hengelfees vir die manne en dames van die Groenpunt Hengelklub.

Michael Slabbert het die grootste karp van die dag gevang.

Hulle het lyn gaan natmaak by Jackie Leonard en die visse het van vroeg af geloop.

In die meestersafdeling het P. Smit ‘n eerste plek behaal met 18 visse (15,063 kg), J. Jordans was tweede met 23 visse (9.683 kg) en G. Smith derde met 20 visse wat 10.440 kg geweeg het.

P. Smith het eerste plek vir die dag behaal.

In die damesafdeling het V. Smith met die louere weggestap. Sy het vier visse gevang (1.132 kg) vir die dag.

J. Jordans se 20 visse vir die dag het vir hom ‘n tweede plek besorg.

Michael Slabbert het die grootste vis vir die dag uitgetrek, ‘n karp van 3.884 kg. Dankie aan Wimpie Willemse wat die inligting en foto’s verskaf het.

G. Smith spog met sy sak vis wat hom ‘n derde plek in die meestersafdeling besorg het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button