Local newsNewsNews

Meyerton as ‘Dorp van die Jaar’ genomineer

Stem vir Meyerton as 'Dorp van die Jaar'.

MEYERTON. – Meyerton is vir die joernaalprogram Kwêla se jaarlikse Dorp van die Jaarkompetisie benoem.

Die benoeming is Sondagaand, 28 April op die kykNET-program aangekondig. Meyertonners wat graag wil sien dat die dorp as vanjaar se Dorp van die Jaar gekroon word, kan die woord “Meyerton” na 33157 SMS.

Elke persoon kan ‘n maksimum van 30 SMS’e stuur.

Die dorp wat die meeste stemme kry, sal dan as wenner aangewys word. Stemmery het Sondagaand, 28 April geopen en sluit 3 Mei om 12:00.

Daar is dus net vyf dae oor om te stem, so laat daai vingers besig raak! SMS’e kos R1.50 elk.

Meyerton is vir die joernaalprogram Kwêla se jaarlikse Dorp van die Jaar-kompetisie benoem. Inwoners het tot 3 Mei om 12:00 tyd om vir die dorp te stem. Foto’s: Christiaan Cloete

 
Back to top button