Local newsNews

Pasop vir dié ‘huurders’!

Woonstelbewoner besef te laat sy is besteel

 

Daar is deesdae verskeie swendelaars wat inwoners van die Vaaldriehoek ongesiens besteel of op ander skelm maniere geld of goedere uit niksvermoedende mense kry. ‘n Bekommerde leseres wat self onder so ‘n swendelaar-paartjie deurgeloop het, skryf dié brief as waarskuwing aan ander.

‘n Besorgde woonstelbewoner van Sasolburg skryf:
Ek is ‘n inwoner van Ankerhof-woonstelle in Sasolburg. Twee bruinmense, ‘n man en vrou, het onlangs die inwoners van vier woonstel-eenhede in ons blok besoek en voorgegee dat hulle meer oor beskikbare huurplekke wou uitvind.

Hulle was oorvriendelik en omhels mens sommer by die deur wanneer mens oopsluit. Met die omhelsing druk hulle mens ongesiens tot binne in jou woonstel. Dan vra hulle uit of mens weet van plekke wat in die woonstelgebou te huur is. Die vrou vra dan om die toilet te besoek terwyl die man hartlik aanhou gesels en mens se aandag aflei.

Dis eers as hulle weg is dat mens sien jy is behoorlik besteel. Ons het die polisie laat uitkom maar daar is min wat nou daaraan gedoen kan word. Ons glo hierdie paartjie is gesoute misdadigers wat dieselfde modus operandi by ander plekke uitvoer. Hulle is seepglad en baie spraaksaam.
Ek wil alle mense net waarsku om baie versigtig te wees – of jy nou in ‘n woonstel, ‘n kompleks of ‘n gewone huis woon. Dink twee keer voordat jy vir enigiemand oopsluit en hulle in jou huis laat inkom.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button