Local newsNewsNews

Rugby- en netbalfees by Laerskool Handhawer

Op die rubyvelde en netbalbane het verskeie laerskoolspanne elke wedstryd met oorgawe aangedurf.

VEREENIGING. – Dit het Saterdag, 20 April doele en drieë gereën by die Laerskool Handhawer.

Daar was konstant aksie op die vyf netbalbane en rondom die twee rugbyvelde het die ondersteuners se krete wyd opgeklink.

Emile Snoer van die LS Eligwa se o.11 rugbyspan probeer om Noordskool se vleuel te stuit. Foto’s: Gerda Bruinette

Van die oomblik wat die verskillende skole se o.9’s hul verskyning op die baan en veld gemaak het, totdat die eerstespanne uitgedraf het, was daar hope opwinding.

Ai, die water is swaar. Karabo Mokoena, Mpho Modibed en Calvern Gubi van die LS Handhawer se o.9 rugbyspan het hul rol as reserves en waterdraers met erns aangedurf.

Alhoewel daar telling gehou is, is daar nie amptelike wenners aangewys nie. Die Marlene Pelser gedenkdag word jaarliks aangebied en hierdie jaar het die Laerskool Eligwa, Noordskool, Handhawer, Voorwaarts, Heilbron, Republiek, Leeuwspruit, Suikerbos, Milton en Vryheidsmonument mekaar die stryd aangesê.

Aksie op die netbalbaan

By die jonger rugbyspanne het die afrigters op die veld saamgedraf. Waar die jong kannetjies tekortskiet aan tegniek, het hul met al hul ywer en entoesiasme opgemaak.

Op ‘n stadium het Noordskool Primêr van Sasolburg en Laerskool Eligwa van Vanderbijlpark se o.11’s meegeding op die rugbyveld

Die opwinding by die netbalbane was groot

Noordskool se stut het ieder en elk, behalwe natuurlik sy getroue ondersteuners, verras deur binne minute twee keer op volle vaart oor die doellyn te gaan kuier.

“Wat beduie coach daar oor hierdie skrum?”

Die weer het saamgespeel en almal het die gedenkdag geniet. Dit was ‘n besondere een vir Laerskool Handhawer wat amptelik hul eeufeeswording op 24 April vanjaar vier.

 
Back to top button