Local newsNewsNews

Saterdag is dit markdag by The Braai Wagon

VEREENIGING. - The Braai Wagon hou Saterdag 4 Mei markdag, wat alles van sowat 40 stalletjies, 'n potjiekoskompetisie, vermaak vir die kinders en 'n vertoning deur Johnnie Takbok insluit.

Die dag se pret begin reeds om 10:00 met die markdag wat ‘n groot verskeidenheid stalletjies insluit met items soos houtmeubels tot boerseep.

“Daar gaan ‘n verskeidenheid kosse beskikbaar wees van boereworsrolle tot smoked turkey leg,” vertel Linel en Dries Visser (eienaars).

Die eienaars van The Braai Wagon, Linel en Dries Visser.

Omstreeks 12:00 gaan daar pret-kompetisies wees vir die wat nog jonk van gees is. Soos bokdrolspoeg, bierdrink en chilli-eet.

Daar is ook ‘n potjiekos-kompetisie op die dag met R2 000 kontant as wenprys. Die deelnemers se potjies sal na afloop van beoordeling te koop wees.

Daar is ook ‘n biersaal waar ‘n breek gevat kan word. Alles van bier tot Braai Wagon se unieke cocktails sal beskikbaar wees.

Die dag se verrigtinge word om 18:00 afgesluit met ‘n plattelandse rock vertoning deur Johnnie Takbok.

Verskeie plaaslike organisasies soos die Albatross Skibootklub, Lions Rotary Club, Vaal Pets, Sanbs en 50 Shades of Spay is ook by die dag betrokke.

Ingang is gratis, maar daar word vir ‘n sak hondekos gevra as skenking vir 50 Shades of Spay om honde deur die koue maande kos te kan gee.

  • Sien julle Saterdag by The Braai Wagon (10 Brandmuller Drive, Drie Riviere, Vereeniging).

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button