Help asb. om hokkie-droom vlerke te gee
VANDERBIJLPARK. - Talentvolle hokkiespeler, Martin Barnard, is deur Into Africa Sports gekies om in Nederland te gaan hokkie speel.
Dit is beslis ‘n groot voorreg vir Martin, ‘n graad 10-leerder aan die Hoërskool Transvalia. Hy speel reeds hokkie vandat hy 10 jaar oud is. Dit is sy passie!
Die toer word beplan vir 22 September tot 1 Oktober 2024.
Martin benodig egter fondse om hierdie droom vlerke te gee. Hy en ouers sal enige ondersteuning opreg waardeer.
In 2019 was hy vir die Sedibeng Wes (Distrik D8) skole-hokkiespan gekies, maar die Covid-19 pandemie het daardie jaar wedstryde in die wiele gery.

Martin het deur die jare Valia se o/14 tot o/16 seuns hokkiespanne verteenwoordig.
Gedurende die o/16 hokkietoer in Maart vanjaar, is hy as Speler van die Wedstryd aangewys en deur Into Africa Sports gekies om deel te wees van die uitnodigingspan wat in Nederland gaan toer.
Rekeningnaam: Nederland toer
Bank: Capitec Spaarrekening
Rekeningnommer: 129 717 4796
Takkode: 470 010
Verwysing: Jou naam en van.
Baie dankie vir u vriendelike oorweging en donasie! Dit word opreg waardeer.
