Saterdag gaan die enjins weer brul by Ultimate Outlaws!
Hekke open Saterdagmiddag om 13:00 en die wedrenne begin om 16:00.
VEREENIGING. – Almal met ‘n liefde vir motorsport, staan nader: Op Saterdag, 4 Mei wag daar weer ‘n lekker bederfdag vir julle by Ultimate Outlaws Raceway!
Hope aksie en groot opwinding word verwag wanneer vinnige voertuie kragte meet in die junior ontwikkelingsafdeling en die klasse vir Stockrods, 1660’s, 2L Hotrods, Hotrods en Sprints.
Hekke open die middag om 13:00 en die wedrenne begin om 16:00.
Toegang is R50 per persoon. Kinders jonger as vyf kom gratis. ‘n Fooi van R100 word op “cooler bokse” gehef as jy jou eie wil saambring.
Ultimate Outlaws is op die ou Vaalskou-terrein op die hoek van Nick Botha- and Boy Louwlaan, Vereeniging. Meer besonderhede oor die byeenkoms is beskikbaar by 072 340 0619

.

