Local newsNews

Gewilde baba- en kleuterwedstryd spring weg!

Let wel, kleingoed kan by enige van die genoemde kleuterskole afgeneem word al is hulle nie leerlinge van die skole nie.

Vaalweekblad en Ster, in samewerking met Chilli PicNic Fotografie, se jaarlikse Baba- en Kleuterwedstryd spring hierdie week weg met die eerste foto-sessies!
Alle kleingoed vanaf pasgebore ouderdom tot 6 jaar oud mag inskryf. Groot pryse is vanjaar weer vir die wenners op die spel!
Om dit geriefliker te maak vir ouers neem ons professionele fotograwe vanjaar foto’s vir die inskrywings by plaaslike kleuterskole. Ouers (of amptelike voogde) moet net ‘n inskrywingsvorm, wat by die betrokke kleuterskole se kantore beskikbaar sal wees, invul en die R100 inskrywingsfooi betaal. Ouers wie se kinders nie in ‘n kleuterskool is nie, kan hul kleingoed by enige van die genoemde kleuterskole laat afneem, of op sekere dae by MooiVaal Media se kantore in Deliusstraat 23, Vanderbijlpark. Inskrywingsvorms sal ook by MooiVasal Media se kantore beskikbaar wees.
Al wat ouers verder moet doen, is om elke week se uitgawe van Vaalweekblad te koop om seker te maak julle sien jul kind se foto wanneer dit in die koerant gepubliseer word. ‘n Kode sal by elke foto in die koerant geplaas word, wat ouers, familie en vriende moet gebruik om vir die kleinding van hul keuse te stem.
Buiten dat elke deelnemertjie se foto in Vaalweekblad geplaas gaan word, sal ouers ook ‘n gratis professionele foto per WhatsApp ontvang.
Die top 10 wenners in elke kategorie sal deur ‘n kombinasie van stemme en onafhanklike beoordelaars bepaal word.
Stemvorms sal weekliks in Vaalweekblad gepubliseer word. Hou Vaalweekblad dop om te sien waar daar oral houers gaan wees om jul stembriefies te pos.
In Mei gaan foto’s op hierdie datums by MooiVaal Media se kantore en by die genoemde kleuterskole geneem word. Let wel, kleingoed kan by enige van die kleuterskole afgeneem word al is hulle nie leerlinge van die skole nie.
17 Mei – Lekker land Sasolburg: 12:00 – 14:00
21 Mei – Sozo Vanderbijl: 13:00 – 15:00
22 Mei – Kiddies Paradise Vanderbijlpark: 13:00 – 15:00
24 Mei – MooiVaal Media se kantore: 15:00 – 17:00
27 Mei – VIP Kidz VDBP: 09:00 – 11:00
Kontak Nicky van Chilli PicNic by 083 744 7711 vir meer inligting, en like Chilli PicNic op Facebook om op hoogte te bly van al die wedstrydnuus!
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button