Hoera vir optrede teen blouligbende
Dit was hoogtyd dat daar teen die bloulig-kapingsbende opgetree word. Verskeie inwoners van die Vaal het ook al onder hul skrikbewind deurgeloop.

“Toenemende kapings, moorde en aanvalle op die N3 die afgelope jaar het padgebruikers se veiligheid in gedrang gebring,” sê Van Niekerk.
Jan van Niekerk, die VF Plus Provinsiale leier: Vrystaat, het die polisiespanne wat die bende op die N3-snelweg vasgetrek het bedank.
Drie lede van die bende is in die voorval dood.
Die bende word veral verbind met verskeie aanvalle in die gebied tussen Villiers en Heidelberg.
“Die VF Plus het in Junie 2023 na die aanval op adj.off. Neels du Randt daarop aangedring dat die Vrystaatse polisiekommissaris, lt.genl. Baile Motswenyane, ‘n spesiale taakspan moet aanstel om die voortdurende kapings in die Vrystaat, veral op die N3 tussen Warden en Heidelberg, stop te sit,” sê Van Nieker.
In een voorval is nege vragmotors gelyk tot stilstand gedwing en met petrolbomme bestook.
“Dit is van kardinale belang dat misdadigers verantwoordelik gehou word vir hul optrede”.
Hy het gesê dat die VF Plus sal voortgaan om druk op die regering te plaas om doeltreffende maatreëls teen georganiseerde misdaad in te stel.
“Ons hoop dat die sterk optrede ‘n duidelike boodskap stuur dat misdadigers nie welkom is in Suid-Afrika nie,” het Van Niekerk afgesluit.
