Ons weet wat ons weet: Watter troeteldier sal jy kies?
Laerskool Eligwa se jongspan is duidelik versot op diere, maar 'n krokkodil?
As jy enige dier in die wêreld kon kies vir ‘n troeteldier, wat sou jy wou hê? Laerskool Eligwa in Vanderbijlpark se graad 1 – 3’s het ‘n paar interessante antwoorde vir Gerda Bruinette gehad.
Janco Fourie Voëls. Budgies en papegaaie. Ek worry nie as hul raas nie.

Danel Jacobs Milanique Groenewald Ek wil nog budgies hê. Ek het drie budgies. Hulle lyk vir my mooi. Ek hou van hamsters ook.

Milanique Groenewald Ek wil ‘n voëltjie hê en hasies. Ons Jack Russell/Fox Terrier het nou vier babatjies.

Leslie Boshoff ‘n Krokodil, want hulle is groot en awesome. Ek is nie bang hy byt my nie.

Kylie van der Rheede Ek wil ‘n kat hê. Ek like baie katte. Hulle is een van my gunsteling diere.

Zander Nienaber ‘n Worshondjie. Hulle is net te cute en lekker om te vryf.

