Local newsNewsNews

Vaal-bruide genooi om deel te neem

Vaalweekblad nooi plaaslike bruide wat hierdie jaar trou om aan Vaalweekblad se Bruid van die Jaar-kompetisie deel te neem. Inskrywings is gratis.

Daar is boonop soos altyd pryse op die spel.

Die bruidsjaar strek van Januarie tot Desember 2024.

As jy dus reeds in Januarie, Februarie, Maart of April getrou het, wil ons graag jou inskrywing ontvang.

Stuur dus jou mooiste troufoto (halflyf of vollyf) aan Penelope by penelope@mooivaal.co.za

Al die inskrywings gaan deurlopend op ons webtuiste verskyn.

So moenie huiwer om in te skryf nie, ons wil graag met julle spog.

 
Back to top button