Anet Otto, Palesa Letsie (SANBD Vereeniging) en Donovan Bailey van Sasolburg by die bloedskenkstasie.
SASOLBURG. – Vryheidsdag is Saterdag, 27 April gevier. In Sasolburg het die SuidAfrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBD) se Vereenigingtak ‘n bloedskenkstasie by Sasolburg Boulevard in die parkeerterrein opgesit.
Katrien Lienbenberg van Sasolburg is ‘n gereelde bloedskenker en het ook Saterdag weer haar deel gedoen. Foto’s Gerda Bruinette
‘n Plaaslike radiostasie het die musiek verskaf en Figures Model Finesse International Vanderbijlpark se span het bloedskenkers welkom geheet en op hul gemak gestel.
29 Eenhede bloed is by die geleentheid geskenk.
Liefie Coetzer en Corlia Lombard van Figures Vanderbijlpark het by die bloedskenkstasie gehelp.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za