Local newsNewsNews

32 ton teer sorg vir minder slaggate in Vanderbijlpark

AfriForum se Vanderbijlpark-tak maak sedert die begin van die jaar seker dat die slaggate in die dorp een na die ander herstel word.

Die tak het vroeër vanjaar hande gevat met die gemeenskap van Flora Gardens en het sedertdien hul bygestaan met hul pogings om dié woongebied se paaie op te knap.

AfriForum en die inwoners van die woonbuurt het tot op hede 1 268 sakke, (dit is sowat 32 ton teer) gebruik om slaggate op te vul.

“Dit is verblydend om te sien dat gemeenskappe verantwoordelikheid neem van hul woonbuurte.

“AfriForum probeer om deurlopend gemeenskappe soos dié te ondersteun deur volhoubare selfdoen-aksies van stapel te stuur,” sê Stephanus Blignault, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Wesrand.

Die Vanderbijlpark-tak het sedert Januarie ook meer as 20 hektaar gras in parke en velde in die dorp gesny én altesaam 382 vullissakke gevul en weggery.

Dié bedrywighede vorm deel van AfriForum se verbintenis om Vanderbijlpark te verbeter en te verfraai.

Blignault sê die vordering wat die afgelope paar maande gemaak is, sou nie moontlik gewees het sonder die Vanderbijlpark-tak se volhoubaarheidspan nie.

“Hulle deursettingsvermoë en entoesiasme maak van hulle ’n krag waarmee rekening gehou moet word en hoe meer mense deel word van die span, hoe groter verskil kan die tak in Vanderbijlpark maak. Selfdoen is verseker beter as niksdoen.”

Raak by AfriForum se Vanderbijlpark-tak betrokke. Besoek https://www.wordlid.co.za vir meer inligting.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button