Dristen Janse van Vuuren en Palesa Mailse tydens die draadkarresies wat deel van Laerskool Handhawer se 100ste verjaarsdagvieringe gevorm het. Foto: Christiaan Cloete
VEREENIGING. – Die oudste Afrikaanse laerskool in die stad, die Laerskool Handhawer, is op 1 April 1924 gestig en vier vanjaar sy honderdste bestaansjaar.
Om dié besondere mylpaal te vier het die skool van Maandag, 22 April tot Sondag, 27 April ‘n 100 Jaar Verjaardagfees by die skool gehou.
Dit het ‘n speletjiesdag, draadkarresies en ‘n kerkdiens op die skool se rugbyveld Sondag, 27 April ingesluit.
Die skool se nuwe 100 jaar gedenkplaat is ook Maandag, 22 April onthul en Woensdag, 24 April is bykans 100 duiwe losgelaat as deel van die vieringe.
Laerskool Handhawer se hoof, mnr. Willie Marais, spreek ouers en leerders toe. Foto: Christiaan CloeteCor en Lindy van der Merwe van die Overvaal Duiweklub laat bykans ‘n 100 duiwe los ter viering van Laerskool Handhawer se 100ste bestaansjaar. Foto: Christiaan CloetePalesa Mailse neem deel aan die draadkarresies tydens Laerskool Handhawer se 100ste Verjaarsdagviering. Foto: Christiaan CloeteLaerskool Handhawer is 100 jaar oud. Só lyk die skool se nuwe gedenkplaat. Foto: Christiaan CloeteEthan Rademeyer gooi sy skoolmaat met ‘n waterbalon tydens die speletjiesdag wat ter viering van Laerskool Handhawer se 100ste bestaansjaar gehou is. Foto: Christiaan CloeteDuncan Strydom ry ‘n reusagtige rugbybal tydens die speletjiesdag ter viering van Laerskool Handhawer se 100ste bestaansjaar. Foto: Christiaan CloeteTwee leerders besig met ‘n kussinggeveg tydens die viering van Laerskool Handhawer se 100ste bestaansjaar. Foto: Christiaan Cloete
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!