Local newsNewsNews

Skitter seisoen vir J’s Aqua

Welgedaan aan die Vaal se J's Aqua swemmers wat 'n uitstekende swemseisoen gehad het.

VANDERBIJLPARK. – Van Maart tot begin April het die Vaal se J’s Aqua swemmers uitstekend gevaar in die vlak 1-3 galas, asook in die nasionale kampioenskappe.

Jo-Anne van Dyk is aangewys as die beste junior dogter by die SASA II Nationals in Durban.

Twee van die uitblinkers, Jo-Anne van Dyk en JP Nel het ook aan die South African Sports Association for the Intellectually Impaired (SASA) II Nationals in Durban deelgeneem.

Jo-Anne is aangewys as die beste junior dogter nadat sy ses goue medaljes en een silwer verower het. JP Nel het twee goud, nege silwer en twee bronsmedaljes tydens die kampioenskappe verower. Dit is van 3 – 6 April in Durban gehou.

JP Nel met die medaljes wat hy in Durban verower het.

Hy het skaars ‘n week daarna by die SA Nationals in Port Elizabeth vier goud en drie silwer losgeswem.

By die vlak 1 gala wat in Maart in Pretoria gehou is, het J’s Aqua ‘n algehele vierde plek van 74 klubs behaal. Amy Klink, Kayline Cronje, Brayden Erasmus, Veronique Coetzee, Petrus Laubscher en Corne Pieters het almal medaljes verower.

Tien van die klub se swemmers het J’s Aqua by die vlak 2 gala verteenwoordig en ‘n 18de plek uit 74 algeheel behaal. Xavier Ferreira Jacobs, Dryden Knoetze, Makayla Lombard, Zander van Riet en Suruby van Tromp het podiumplekke behaal, terwyl die aflosspan 15 – 19 jaar 4 x 50 IM silwer gekry het.

Zaan Oosthuizen het hierdie uitgeblink.

J’s Aqua het ses swemmers gehad wat aan die vlak drie kampioenskappe deelgeneem het. Daar was meer as 800 swemmers en J’s Aqua het ‘n sesde plek behaal.

Jayden Booysen het drie bronsmedaljes verdien en Garrick Knoetze een. Zaan Oosthuizen het goud verower in die 400m vryslag, 100m vryslag, 200m rugslag, 200m vryslag en 100m rugslag.

Hy het tweede plekke Jo-Anne van Dyk is aangewys as die beste junior dogter by die SASA II Nationals in Durban. losgeswem in die 100m vryslag, 50m vryslag en 50m rugslag. Die aflosspanspan het ook silwer verdien in die 4 x 50 m IM.

Jayden Booysen het ook ‘n goeie swemseisoen gehad

Eienaar en hoofagrigter van J’s Aqua, Junita le Riche sê: “Ek is trots op elke swemmer wat deelgeneem het. Medaljes is nie al wat die swemmers ontvang het nie. Almal het nuwe persoonlike beste tye geswem. Almal was positief en het mekaar ondersteun. Ek is geseënd met die mooiste klomp swemmers.”

 
Back to top button