Local newsNewsNews

Nuwe boetiekwinkel met groot fanfare bekendgestel

Daar was groot opwinding by River Square tydens die Loka-boetiekwinkel se amptelike opening.

VEREENIGING. – Die nuwe Loka-boetiekwinkel in die River Squarewinkelsentum is Saterdagoggend, 27 April met groot fanfare bekendgestel.

‘n Modeparade is gehou om die boetiekwinkel se klere ten toon te stel en die sangers Gerhard Steyn, wat bekendheid verwerf het vir sy gewilde 2008-treffer Baby Tjoklits, en Liezel Pieters het tydens die geleentheid opgetree.

Daar is lekker saamgekuier.

Die modeparade soos van bo af gesien. Foto: Christiaan Cloete
Guiliana Elkington, ‘n model van die Chántenique Afronding en Sjarme Skool in Vereeniging op die loopplank. Foto: Christiaan Cloete
Cindy Badenhorst, eienaar van die Loka-klerewinkel in River Square by haar winkel. Foto: Christiaan Cloete
Anette Mundell en haar ma, Jeanette Mundell, geniet hulself gate uit by die konsert. Foto: Christiaan Cloete
Gerhard Steyn se kinders, Zardi (8) en Zaniq (5) op die loopplank. Agter is Gerhard Steyn se vrou Zelri (33) en Anrika Bruinders (vrou van die akteur Alvin Bruinders). Foto: Christiaan Cloete
Alicia Olivier, ‘n model van die Chántenique Afronding en Sjarme Skool in Vereeniging, stel ‘n rok van die Loka-boetiekwinkel ten toon tydens ‘n modeparade by River Square. Foto: Christiaan Cloete
Mikayla Roos (voor) en Clarice Williams van die Chántenique Afronding en Sjarme Skool in Vereeniging, stel rokke van die Loka-boetiekwinkel ten toon tydens ‘n modeparade by River Square. Foto: Christiaan Cloete
Gerhard Steyn en Liezl Pieters sing ‘n duet op die verhoog. Foto: Christiaan Cloete

 

 
Back to top button