Local newsNewsNews

Groot jolyt, D.F kap dit uit.

ʼn Kaskaraand by die LS D.F Malherbe sorg altyd vir pret en opwinding. Hierdie jaar was geen uitsondering nie

VANDERBIJLPARK. – Laerskool D.F Malherbe het Vrydag, 26 April hul jaarlikse kaskaraand gehou.

Die aand is met oorgawe deur ouers, familie en vriende ondersteun. Die opwinding het opgelaai terwyl die toeskouers gewag het vir die groot optog om te begin.

AJ Rautenbach en Dylan Saaiman. Hul graad 7 klas was die Minions. Foto: Gerda Bruinette

Elke klas het ʼn beurt gehad om voor die hoofpawiljoen te loop, hul kreet te gee en hul temaspandrag ten toon te stel.

Daar was alles van geel emoji’s en Springbokke tot by dansende pienk flaminke en rooi dalmations kompleet met hul eie Cruella De Ville (Susan Bosch) aan die voorpunt.

Gereed vir aksie. Reinard, Luhan, JP en Arno van die Red Dalmations is reg vir vir die kaskaraand om te begin. Foto: Gerda Bruinette

Die junior grade het eerste aan die beurt gekom om te kyk hoeveel rondtes hul om hul onderskeie bane kan ry.

Liam Muller en Zander Lottering is reg vir ‘n dag op die strand en die kaskaraand. Foto: Gerda Bruinette

Dit het kompleet gelyk soos ʼn resiesbaan met pit-stops in elke hoek, waar jong drywers en karretjiestoters mekaar ywerig afgelos het.

Die weer het hierdie jaar saamgespeel en vir ʼn windstil fees gesorg.

Zanelle Gouvea en Nevieve Middel van een van die graad 5 klasse. Foto: Gerda Bruinette

Susan het gesê hulle was oorweldig met al die ondersteuning. “Genade, ons het dan 17:00 al uit pannekoeke gehardloop. Dis regtig lekker om so baie mense hier te hê.”

 
Back to top button