Local newsNewsNews

Moenie gly en Die Piesangskille misloop nie

VEREENIGING. - Die Vereeniging Barnyard bring top vertonings Vaal toe en daar is nog 'n hele rits kunstenaars wat binnekort daar gaan optree.

Op Vrydag, 24 Mei is dit Die Piesangskille en VanCoet se beurt op die verhoog.

Vancoet skop die vertoning af om 19:00 en omstreeks 21:00 neem die Die Piesangskille oor.

Die Piesangskille, ‘n duet bestaande uit Daniël Marais (sanger) en Johan Balt (kitaar) het as studente aan NWU Potchefstroom ontmoet.

Hulle het vinnig gewild geword na hul treffer Mal Maandae.

Die deure open reeds om 18:00 sodat daar vooraf lekker saam gekuier kan word. Kaartjies belop R180 per persoon.

* Vir besprekings en meer inligting oor vertonings by Vereeniging Barnyard kontak: 016 454 8388 of besoek die webtuiste: barnyardvereeniging.co.za

 
Back to top button