Local newsNews

Wie ken die verhaal van hierdie huis?

Het jy of jou ouers dalk jare gelede in dié huis gewoon?

Sasolburg vier vanjaar sy 74ste bestaansjaar en is steeds een van die Vrystaat se suksesvolste dorpe, hoofsaaklik danksy die insette van Sasol en ander plaaslike nywerhede.

Die skrywer Nico Moolman het onlangs op dié foto in die Vrystaat-argief van die Bloemfonteinse openbare biblioteek afgekom. Volgens die argiewe was dit in 1952 die eerste bewoonbare huis in Sasolburg. Min is egter oor die huis se geskiedenis of die destydse inwoners bekend. Lesers wat dalk meer weet oor die huis of self daarin grootgeword het, is welkom om Vaalweekblad te kontak by 083 246 0523.

 
Back to top button