Local newsNewsNews

Die Van Helden-sterre skitter helder

Die Van Heldens is 'n vrolike, talentvolle gesin en eersdaags is die drie boeties en hul sussie in Kunstedraai se groot produksie te sien.

VANDERBIJLPARK. – Die Van Helden-kroos is besig, talentvol en kreatief. Die drie broers, Maarten (13), Daniël (8), Johannes (6) en hul sussie, Cya (11) is almal leerlinge van die LS Emfulenipark.

Al vier sal ook eersdaags in Kunstedraai se produksie, The Sound of Music: of all times. A Pantomime by die Etienne Rousseau Teater te sien wees.

Maarten, Johannes, Daniël en Cya van Helden aangetrek volgens hul gunsteling boekkarakters.

Maarten en Daniël is deel van Kunstedraai se Akademie vir Dramakuns en Cya is deel van On Pointe Ballet. Johannes neem aan een van die junior dansnommers deel.

Van die vier gaan Daniël die hele tyd op die verhoog wees as ‘n skilpad wat maar net nie aan die anderkant van die verhoog by sy oorfone kan uitkom nie.

Die Van Heldens is almal trotse Voortrekkers en deel van die Orion Kommando. By die skool is hul op hul stukke met alles van redenaars tot by gedigte uitvoerings en hul ma, Maureen sê daar word gewoonlik aan so 20 items geoefen in die huis wanneer dit tyd word vir die kunstefees.

Naas kultuur en uitvoerende kunste, is die spannetjie ook sportief. Maarten het al ‘n paar galas geswem, terwyl Cya aan hoogspring en netbal deelneem.

Daniël geniet tennis en krieket en Johannes waag sy hand op hierdie stadium aan elke sport wat vir sy ouderdom aangebied word.

Hul talente het hul van albei ouers geërf. Maureen en hul pa, Pieter was albei in hul studentedae deel van die PUK-koor en Maureen het ook klassieke sangopleiding gehad.

Pieter is ‘n violis en beide was op ‘n stadium betrokke by hul gemeente se sanggroep.

“Nou se dae het ons net bietjie besig geraak. Die kinders moet altyd êrens wees vir die een of ander uitvoering of oefening,” lag Maureen.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button