Local newsNewsNews

Laaste ovaalbaan-aksie voor die winter

VEREENIGING. - Motorsportliefhebbers het verlede Saterdag reeds vroeg-vroeg hul weg gevind na Ultimate Outlaws se laaste byeenkoms voor die breek vir die wintermaande.

Hekkie het vroeg oopgemaak want die wedrenne moes om 16:00 begin.

Die onverwagste hitte op die dag het egter daartoe gelei dat die wedrenne eers later kon begin.

Die hitte van die teeroppervlak het ‘n uiwerking op die renmotors se bande, en die son wat op sy tyd gesak en die renjaers se uitsig sou belemmer moes in ag geneem word. Veiligheid eerste!

Maar toe die wedrenne wel begin het was dit soos altyd pure opwinding.

Uitslae en nog foto’s in hierdie week se Vaalweekblad (10 – 16 Mei).

Foto’s: Elsje Vermeulen

Van die kinders saam met die renjaers tydens die optog voor die aand se wedrenne begin het.
Stephen Nagel (54) het die algehele derde plek behaal in die StockRods.
Nog een van die renjaers en sy metgeselle tydens die optog.
‘n Jong motorsport-geesdriftige het die kans geniet om die renmotors van nader te beskou in die pit-area.
Evanka Gouws in aksie in die Junior Development-klas.

 
Back to top button