Local newsNewsNews

Buurtwagte se sigbaarheid hou booswigte weg

SASOLBURG. - Die plaaslike AfriForum-buurtwag was onlangs deel van 'n massapatrollie wat baie suksesvol was.

AfriForum-buurtwagte in die Mooirivier (waarvan die plaaslike tak deel is) het in samewerking met die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD), die plaaslike gemeenskapspolisiëringsforum (GPF), gemeenskapslede, verskeie sekuriteitsmaatskappye en veiligheidsinstansies ’n massapatrollie op 19 April in hul onderskeie gebiede uitgevoer.

Die aksie het omstreeks 18:00 begin en tot 01:00 die volgende oggend voortgeduur.

Daar was min ernstige insidente in die streek, wat moontlik toegeskryf kan word aan die groot sigbaarheid van die buurtwagte.

In Sasolburg het die buurtwag gehelp om ’n vermeende ontvoering te fnuik en in Potchefstroom het die buurtwag ondersteuning gebied op ’n baie ernstige motorongeluktoneel buite die dorp.

Altesaam 192 patrolleerders het aan die patrollie deelgeneem en ’n totaal van 4 520 km in 101 voertuie afgelê.

Daar het ook 19 persone van ander instansies, soos die SAPD, GPF en sekuriteitsmaatskappye deelgeneem.

Die veiligheidstrukture wat deelgeneem het, was Bothaville, Sasolburg, Songloed, Hartbeesfontein, Potchefstroom en Stilfontein.

“Ek is baie trots op hierdie Mooirivier-buurtwagte wat altyd bereid is om aan die organisasie se nasionale patrollie deel te neem.

“Ek bedank ook elke patrolleerder, wat elke nag bereid is om hulle tyd op te offer om na die veiligheid van hul onderskeie gemeenskappe om te sien,” sê Alta Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Mooirivier.

Raak vandag nog by AfriForum se buurtwagte betrokke: Besoek https://afriforum.co.za/wat-doen-ons-2/buurtwagte/.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button