Local newsNewsNews

Hokkie-dogters speel hul harte uit

VANDERBIJLPARK. - Die eerste dogters-hokkiespanne van HS Transvalia en HS Driehoek het mekaar onlangs die stryd aangesê op die astrobane by die Isak Steyl-stadion.

Daar het ‘n goeie gees geheers en die area rondom die hoofbaan was volgepak met ondersteuners van albei skole.

Daar was geen tekort aan gees of sportmansgees nie.

Valia was uit die staanspoor die gunsteling om die wedstryd te wen.

Albei spanne het hul harte uitgespeel, en hoewel die Hoekies nie antwoord gehad het vir Valia se aanvallende spel nie, hul hulle gewys dat moed opgee nie deel van hul DNA is nie.

Valia het met 8-0 gewen.

Valia se Shalain van der Berg word deur ‘n Hoekie-speler “gepla”.
Die Hoekies se dapper doelwagter het alles ingesit.
Valia se Leané Meyer op pad om nog ‘n hou doelkas toe te stuur.
Bea-Landi Lourens probeer ‘n Hoekie-speler stuit.
Albei spanne se spelers het hul harte uitgespeel.
Daar was geen tekort aan aksie tydens die wedstryd nie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button