Local newsNewsNews

Hoekom is die Vaalrivier so helder?

Plek-plek het die waterslaai het gekom en gegaan, maar hoekom is die water skielik so helder?

VANDERBIJLPARK. – Die Vaalrivier is in die laaste jare vir al die verkeerde redes in die nuus.

As dit nie rou riool is wat in die rivier gepomp word nie, dan neem die hiasinte en waterslaai oor.

Die Vaalrivier was besonders skoon 7 Mei. Foto’s Gerda Bruinette

Die waterslaai het die afgelope maande al baie polemiek veroorsaak. Party wil gif spuit. Ander keer vir die ekologiese balans en die slegte gevolge van die gif.

Hoe dit ook al sy, tot op hede het die meeste mense saamgestem dat die waterslaai baie sleg is vir die rivier. Plek-plek is die waterslaai al op hok geslaan.

Dinsdag, 7 Mei het ek draai langs die rivier gemaak by een van die kleinhoewes, rigting Kaalplaats.

Daar is die groen vyand opgedam en blykbaar met gif gespuit. Plekplek begin die groen massa geel deurslaan soos dit vrek.

Die kant van die mensgemaakte afskorting het ek verstom na die Vaalrivier gestaar. Ek het langs die rivier groot geword.

‘n Mens kon tot op die bodem sien.

Die Vaalrivier het in die 70s al sy naam gestand gedoen. Vaal. Ondeursigtig. 7 Mei was die bodem sigbaar van die wal af. Die water was helder!

Soos skoon bergwater. Natuurlik, het ek dit nie probeer drink nie. Maar so skoon was die rivier in dekades nie.

Hoekom sou dit wees? Die eienaar van die betrokke stukkie aarde reken, “ek dink dis die waterslaai, maar ek is nie ‘n kenner nie.”

‘n Waterkenner het my dadelik verwys na ‘n senior waterbron kenner van Rand Water.

Op my WhatsApp vraag of die waterslaai die water gesuiwer het, was sy antwoord: “Absolutely. But that comes with many negative factors etc” en “It’s a very very very long and complicated discussion.”

Ten minste is die rivier plek-plek nou baie mooi helder en skoon.

 
Back to top button