MEYERTON. – Saterdag, 4 Mei was veronderstel om ‘n lekker bikerdag vir die lede en families van die Mac’s Randvaal MC te wees.
Dit het alles verander toe hul die tyding kry dat een van hul eie, Jean Pierre (JP) Horn in ‘n motorfietsongeluk in Germiston oorlede is.

“Ek was JP se ouboet. Ons het ‘n lang pad saamgekom. Hy was ‘n awesome ou,” het mede-biker, Gerhard Swarts JP beskryf.
JP was die een wat altyd reg was vir pret en het altyd ‘n truuk of twee gehad. Nou is sy plek leeg.
Hy laat sy vrou, Rene en twee kinders agter. “Sy gesin trek swaar. JP se seuntjie het sy hare nou presies soos sy pa s’n gesny,” sê Gerhard.
Boodskappe van medelye het op sosiale media ingestroom.

‘n Spesiale diens om JP se lewe te vier vind Saterdag, 18 Mei om 11:00 vanuit die NG Gemeente, Rissikstraat in Meyerton plaas.
Motorfietsryers sal om 10:30 vanaf Gallowaystraat 57 in Meyerton kerk toe ry
