Local newsNewsNews

Noordskool se groot Tinktinkie sportdag

Noordskool in Sasolburg het 'n goed georganiseerde sportdag vir die o.6 tot o.8 netbal- en rugbyspanne aangebied.

SASOLBURG. – Saterdag, 4 Mei was dinge al van vroeg af in rep en roer by Noordskool Primêr.

Alles was slaggereed vir die Tinktinkie-sportdag waar 16 skole se junior primêre fase op die rugbyvelde en netbalbane meegeding het.

Elrie Redelinghuys en haar o.7 spanmaats van Vaalpark Primêr maak gereed vir die wedstryd teen LS Emfulenipark. Foto: Gerda Bruinette

Die jongelinge het van so ver as Parys, Deneysville en Heilbron gereis vir die groot dag.

Onder die Vaaldriehoekskole wat deelgeneem het was daar Vaalpark Primêr, Lumiére, Leeuspruit, A.J Jacobs, Fonteine en LS Emfulenipark.

Meer as ‘n 1 100 spelers en oor die 150 beamptes het deelgeneem. Aan ondersteuners was daar ook geen tekort nie.

Jonge skrumskakel in Faf-de-Klerk-mode

Die wedstryde is dalk korter en party van die o.6 maatjies sukkel om te onthou watter kant toe hul moet speel, maar aan ywer en entoesiasme is daar geen tekort nie.

Die dag is goed ondersteun deur die publiek en daar is tougestaan by al die lekker kosstalletjies waar die geure van gebraaide wors en pannekoek die lug gevul het.

Gereed vir aksie

Noordskool sê die dag is moontlik gemaak met die hulp van Roco Mamas en Spargo Mica.

Op die skool se facebookblad het Anthony Mouton laat weet: “Mooidag gewees en baie bevoorreg om ons kleinkind Rudo-Steph Mouton by die dag te kon ondersteun, sowel as die spanne wat verteenwoordig was. Baie geluk Noordskool.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button