Local newsNews

Oud-Hoekie blink steeds uit!

Tans is Wian besig met sy B.Sc.-honneursgraad in Aktuariële Wetenskap.

 

VANDERBIJLPARK – Eenmaal ‘n presteerder, altyd ‘n presteerder. ‘n Voormalige toppresteerder van die Hoërskool Driehoek, Wian van Werkhoven, het dié stelling waar bewys deur sy B.Sc.-graad in Aktuariële Wetenskap aan die Noordwes-Universiteit in Potchefstroom met lof te behaal.

Wian het sy matriek in 2020 met sewe onderskeidings en ‘n gemiddeld van 87% aan die Hoërskool Driehoek geslaag. In ‘n destydse onderhoud met MooiVaal Media het hy sy sukses in die eindeksamen toegeskryf aan die hope ou vraestelle wat hy en ‘n vriend, Brian, saam uitgewerk het, sowel as aan Hoërskool Driehoek se toegewyde onderwysers.

Tans is Wian besig met sy B.Sc.-honneursgraad in Aktuariële Wetenskap. Sy belangstelling in wiskunde, veral in die sake- en versekeringswêreld, is sterker as ooit. Hy het reeds ‘n paar internskappe by banke voltooi en kan nie wag om sy loopbaan in die praktyk te begin nie. Harde werk lê egter nog voor voordat hy as volwaardige aktuaris kan kwalifiseer. Na sy honneursgraad moet hy nóg praktiese werksondervinding opdoen en ‘n paar aktuariële raadseksamens slaag, maar dis ‘n uitdaging waarvoor dié slimkop beslis nie skrik nie.

Wian van Werkhoven in sy matriekjaar aan die Hoërskool Driehoek.
Wian het sy B.Sc.-graad in Aktuariële Wetenskap met lof behaal.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button